Zeeus

Taalgroep
Indo-Europees / Germaans / Wesgermaans / Ingwaeoons

Naam
Die naam Zeeus word in elk geval al sinds die dertiende eeu gebruik vir die kustaal van die Zeeuse en Hollandse eilande en die Vlaamse kuststrook tot verby Duinkerke. Die herkoms van die naam is onduidelik, al is een verband met 'Zees' (van die see) vir die hand liggend. Teenwoordig word die naam Zeeus gebruik vir die taal van Goeree-Overflakkee, die Zeeuse eilande en Wes- en Midde-Zeeus-Vlaandere. Die nou verwante dialekte van Wes- en Frans-Vlaandere staan bekend as respektiewelik Wes-Vlaams en Frans-Vlaams (Vlaemsch, Vlemsj). Vanweë die groot verwantskap tussen Zeeus en die Wes- en Frans-Vlaams sal die situasie van die laatste twee streektale hieronder regelmatig aangehaal word. In die Engelse taal het hulle die naam 'Zeelandic' dis ‘n gesamentlike term vir die drie variante. ‘n Gemeenskaplike benaming word deur die sprekers van die variante egter nie of nouliks geaksepteer.

Gebied
Zeeus word n die Nederlandse provinsies Zeeland (behalwe in oostelik Zeeus-Vlaandere) en Suid-Holland gepraat (net op Goeree-Overflakkee en in die dorpe Oostvoorne, Die Tinte en Rockanje op Voorne).

Die gebied waar Zeeus gepraat word, word afgebaken deur twee belangrike isoglosse (dialekgrense). In die Zeeuse gebied het die Middelnederlandse uu nooit ui geword nie en het die ie nooit y geword nie. In Hollands (in die noorde), Brabants (in die ooste) en Oost-Vlaams (in die suidooste) is dit wel die geval. Hierdie isoglosse is nie net taalkundig van belang nie, ook vir die taalbelewing van die sprekers speel dit ‘n groot rol.

Die suidgrens van Zeeus is ‘n verhaal apart. Zeeus en Wes-Vlaams gaan seer geleidelik in elkaar oor en sprekers verstaan elkaar moeiteloos. In feite is daar geen sprake van ’n taalgrens nie, net soos daar feitelik geen taalgrens tussen Wes-Vlaams en Frans-Vlaams (Vlaemsch of Vlemsj) bestaan nie. In Nederland, België en Frankryk word simpelweg verskillende benaminge vir dieselfde streektaal gebruik: respektiewelik Zeêuws, (West-)Vlaoms en Vlaemsch.

[klik hier vir ‘n kaart]

Geskiedenis
Al in die dertiende eeu word Zeeus as aparte streektaal genoem. Jacob van Maerlant het byvoorbeeld oor sy manier van werk geskryf:

Men moet om die rime te souken
Misselike tonghe in bouken:
Duuts, Diets, Brabants, Vlaemsch, Zeeus;
Walsch, Latyn, Griex ende Hebreeus

Zeeus was toe dus gespel as 'Zee(u)s(ch)' en was as begrip gangbaar vir aanduiding van die taal van die Vlaamse kus. Daar het die mense tot ongeveer begin die vyftiende eeu die hele eilandryke kusgebied van Oostvoorne tot verby Duinkerke bedoel. Met Vlaemsch het hulle die taal van die Vlaamse agterland (Gent, Kortyk) bedoel.

Toe die Brugse rederyker Cornelis Everaert in 1526 in sy toneelstuk 'Ghewilligh Labuer ende Volc van Neeringhe' ‘n seeman het opgevoer 'sprekende die Zeeusche taele', het hy daar waarskynlik die "algemeen-Vlaamse" kustaal mee bedoel. In die tyd was Zeeus dus ‘n bietjie breder begrip as nou.

Later het West-Vlaams, Frans-Vlaams en Zeeus-Vlaams aan die ene kant en die Zeeus van die eilande aan die ander kant ‘n bietjie verder uit elkaar gegroei. In die suide is die taal beïnvloed deur die sogenaamde Brabantse Expansie, al was die invloed nie so sterk as ten opsigte van die ou situasie van die groot deels verbrabantse Oos-Vlaams. In die noorde het die Zeeuse taal steeds verder onder die invloed van Hollands en die Nederlandse standaardtaal geraak.

Die gevolg is dat sowel in Wes-Vlaandere as in Zeeland deur die eeue heen die aantal ingvaeonisme (kustaalkenmerke) afgeneem het. Opvallend genoeg bewaar die Vlaemsch in die verste uithoeke van Frans-Vlaandere nog ‘n aantal kenmerke wat dit nie met Wes-Vlaams, maar wel met Zeeus en eweneens sterk ingvaeoonse Fries deel.

Die groot bloeityd van Zeeus het in die zeventiende eeu gelê, toe dit die offisiële taal van die 'Vrye en Independente Staat van Zeeland' was en toe hulle dit gepraat het in tal van privaat-kolonies van die State van Zeeland en partikuliere Zeeue (Guyana, Suriname, noordoos Brasilië, Tobago, Sint Eustasius, Saba, Sint Croix, Sint Thomas, etc.). Uit die tyd dateer ook ‘n aantal kreooltale wat op basis van Zeeus en Afrikaanse tale ontstaan het (Berbice, Skepi en Negerhollands). Een van die tale, Berbice Dutch van Guyana, word nog altyd gepraat. Zeeus is daarmee, saam met Engels (Jamaicaans, Surinaams, Cape Barren English, Hawai'i Creole English, etc.) en Afrikaans (Flytaal en Oorlams), die enige Lowlands-taal wat ten grondslag het gelêe aan die ontwikkeling van kreooltale. Kyk kontaktale.

Aantal sprekers
Volgens resent ondersoek (Stigting Scoop - Zeeus Instituut vir Sorg, Welsyn en Kultuur, 2002) praat 73,9% van die inwoners van Zeeland Zeeus. Iets meer as die helft van die totale bevolking (56,6%) doen dit baie en 17,3% soms. Daarby moet wel aangeteken word, dat die situasie in en rond die grotere Zeeuse stede (Middelburg, Vlissingen, Goes en Terneuzen) vir die taal weinig positief is. Amper niemand van die Zeeuse stedelinge praat nog Zeeus nie.

Vir Goeree-Overflakkee is geen nommers bekend nie, maar die taalsituasie is goed te vergelyk met Zeeland. Vir die drie Zeeustalige dorpe op Voorne is dit anders gestel; daar praat deur die groot invloed van die naburige Rotterdam nog maar enkele van die bevolking dialek. Vir Wes-Vlaandere kom offisiële skattings telkens op persentasies van 85% en hoër. In Frans-Vlaandere gaan die taal hard agteruit en praat nog slegs ‘n deel van die oudere "Vlaemsch". Onder die veertig jaar is daar amper geen sprekers nie, behalwe enkele jong mense wie die taal bewus via kursusse aangeleer het.

Status
Zeeus geniet geen enkele vorm van offisiële erkenning nie. Dieselfde geld vir West-Vlaams en Frans-Vlaams. In 2001 is vir Zeeus by die Nederlandse ryksowerheid erkenning aangevraag op grond van die "Europese Handves vir Streek- en Minderheidstale". So 'n erkenning sou die owerheid verplig die taal te beskerm en die gebruik aan te moedig.

So 'n 94% van die bevolking zien Zeeus volgens resent ondersoek as waardevol en 82% wil die taal deur middel van erkenning vir die toekoms bewaar (Scoop, 2002). Opmerkelik is dat die streektaal elke keer meer in gebruikt word geneem in domeine waar dit vroeër taboe was (bestuur, middestand, kerk).

Openbare dienste en bedryfslewe
Zeeus word amper nooit gebruik in openbaar bestuur nie. Die gebruik bly beperk tot sommige kommissievergaderinge van munisipaliteite. Ook in kommunikasie met die burger word Zeeus amper nie tot nooit gebruik nie.

In die versorgingssektor word baie meer Zeeus gepraat, al is daar geen spesifiek beleid vir nie. Aanmoediging van die gebruik van die streektaal in verpleeg- en rushuise, soos dit in andere dele van Nederland wel gebeur, kom in Zeeland nie voor nie.

Daar bestaan ’n behoorlik grote hoeveelheid psalme, gesang en bybelboeke in Zeeus en daar vind ook regelmatig (veral protestantse) dienste in die streektaal plaas. Besondere vermelding verdien die Kerk van Ellesdiek in Ellewoutsdyk, ‘n 'spiritueel-kultureel' sentrum omgevormde kerk waar Zeeus die enigste taal is in al die oekumeniese dienste en ander aktiwiteite.

In die bedryfslewe speel Zeeus veral in die midde- en kleinbedryf ‘n belangrike rol. Baie saaklike gesprekke word in Zeeus gevoer, baie klanten gebruik Zeeus by ‘n besoek aan ‘n bedryf en daar word (op ‘n zeer kleine skaal) in Zeeus geadverteer.

In Wes-Vlaandere is dit ‘n vergelykbare situasie, al is kerkdienste en advertensies in streektaal daar ‘n onbekende verskynsel. In Frans-Vlaandere het die streektaal vrywel geheel uit die openbare lewe verdwyn.

Onderwys
Op die oomblik is daar projekte wat Zeeus ‘n plek in die laerskool moet gee. In die vervolgonderwys is geen aandag vir Zeeus en in hoër en universitêr onderwys ontbreek Zeeus volledig. In West-Vlaandere is totaal geen onderwys in streektaal nie, terwyl in Frans-Vlaandere ‘n aantal partikuliere kursusse veel belangstelling geniet van sowel volwassenes as kinders.

As enige streektaal van die noordwes Europese gebied (Noord-Duitsland, Nederland, Vlaandere, Engeland, Skotland, Noord-Ierland) word Zeeus deur geen enkele wetenskaplike instelling struktureel bestudeer nie. Die Zeeus-Vlaamse dialekte, Wes-Vlaams en Frans-Vlaams kry in die vorm van die projek Woordeboek van die Vlaamse Dialekte vanuit die Ryksuniversiteit Gent ruime wetenskaplike aandag.

Media
Die regionale omroep in Zeeland maak mondjiesmaat gebruik van die streektaal. Op tv gebeur dit nog minder as op die radio. Lokale radiostasions spandeer baie min aandag aan die Zeeuse taal. In die enistge regionale krant van Zeeland, die PZC, word weekliks ‘n kolom aan die Zeeuse taal toegewy.

Die situasie in West-Vlaandere is vergelykbaar, terwyl in Frans-Vlaandere die vrye radio Uylenspieghel met uitsendings in Frans en Vlaemsch ‘n aansienlik aantal luisteraars trek.

In Zeeland bestaan die kwartaalblad Noe dat volledig in Zeeus, West-Vlaams en Frans-Vlaams geskrewe is en ook beskouwings van aktuele onderwerpe bring.

Kultuur
‘n Groot aantal artieste akteur/sing in Zeeus en Wes-Vlaams. Dit is sowel 'troubadours' as rockbands. In 2000 het vir die eerste keer ‘n Zeeustalig nommer die Nederlandse Top-40 gehaal. Dit was ’n liedjie van die Zeeus/Amsterdamse band Nuff Said, wie spesiaal vir die Zeeustalige cultfilm Wilde Mossels enkele Zeeuse liedjies opgeneem het. In België trek Wes-Vlaamse artieste as Willem Vermandere, Flip Kowlier en 't Hof van Commerce ook landelik aandag. Frans-Vlaandere ken die Reuzekoor uit Duinkerke en Joël & Klerktje met een tradisioneel Vlaams reperoire.

Baie toneelverenigings op lokaal en regionaal vlak voer regelmatig toneelstukke in Zeeus en West-Vlaams op. Ook in enkel professionele produksies is die streektaal gehanteer. Die Volktoneel vir Frans-Vlaandere versorg vanuit België met groot sukses elk jaar ‘n serie toneelvoorstellings in Frans-Vlaandere op.

Jaarliks verskyn ‘n handvol boeke met Zeeuse gedigte en/of stories. Daarnaas is daar die eerder genoemde tydskrif Noe. Die kwaliteit van die Zeeuse literatuur is met enige uitsonderings nog nie vergelykbaar met die van sommige ander klein (streek-)tale nie.

Die literêre produksie in West-Vlaams is besonder klein, kleiner nog as die van die Zeeuse taal. In Frans-Vlaanderen is veral die digter Jean-Noël Ternynck. Sy poëtiese oorpeinsings oor sy geboortestreek is sowel in boekvorm as op geluidskasset (met musikale begeleiding) te verkry. Daar bestaan ‘n deur die meeste sprekers en baie skrywers geaksepteerde algemeen spellingssisteem vir al die Zeeuse, West-Vlaamse en Frans-Vlaamse dialekte.

Outeur: Marco Evenhuis, 2002
Vertaler: Stefan Lubbersen, 2003

Meer informasie: http://www.lowlands-l.net (Klik op “Resources” en op “Links” of “Offline Material”.)