Lowlands-L Anniversary Celebration

Frontpage
The Project

Language lists
Languages
Talen
Sprachen
Sprog
Lenguajes
Linguagens
Langues
Языки
Bahasa-bahasa
语言,方言,士话
語言,方言,士話
言語と方言
Languages A–Z
Language Groups
Audio Files
Language information
Wish list

About Lowlands
Beginnings
Reflections
Meet Lowlanders!
Project Team
Contact
Site map
Offline Resources
Gallery
History
Traditions
The Crypt
Travels
Language Tips
Members’ Links
Facebook
Lowlands Shops
  · Canada
  · Deutschland
  · France
  · 日本 Japan
  · United Kingdom
  · United States
Recommended now!

What's new?

Guests...
Please click here to leave an anniversary message (in any language you choose). You do not need to be a member of Lowlands-L to do so. In fact, we would be more than thrilled to receive messages from anyone.
Click here to read what others have written so far.

About the story
What’s with this “Wren” thing?
   The oldest extant version of the fable we are presenting here appeared in 1913 in the first volume of a two-volume anthology of Low Saxon folktales (Plattdeutsche Volksmärchen “Low German Folktales”) collected by Wilhelm Wisser (1843–1935). Read more ...

Flag: GermanyFelix Hülsey

Ste: Keulen, Noordryn-Wesfalen (Duitsland)


[Afrikaans] [Deutsch] [English]

Portrait of Jonny MeibohmTuis was ons eentalig “Hoogduits”, maar van begin af het ek op skool baie van ander tale gehou: my eerste vreemde taal was soos gebruiklik Engels, en toe ek 14 was verhuis ons na die Duits-Nederlandse grensgebied (Borken se kant, anderkant die grens lê Winterswijk en die Achterhoek) en daar kan ’n mens Nederlands op skool neem.

Vir my was dit die eerste keer dat ek ’n vreemde taal baie reëlmatig aktief kon gebruik: ons ry toe dikwels oor die grens, eers net vir goedkope petrol soos almal, maar later ook om by vriende te kuier, biblioteek toe te gaan en so aan.

Die snaaksste ondervinding vir my was egter dat ’n mens met Nederlands ook die dialek van ons eie streek se mense beter kan begryp. Ek het gou gemerk dat die Nedersaksiese dialek van die Münsterland (soos ander dialekte ook) veel “kleurryker” is as die Duitse standaardtaal.

Dit was vir my so ’n bietjie die aanleiding om meer belang te stel in die Germaanse tale en het my uiteindelik daartoe gebring om – naas Geskiedenis – Duits en Nederlands te studeer. Tydens die studie het ek ook die geluk gehad om Afrikaans te leer en intussen is dit vir my die lekkerste van alle Lowlands-tale om te praat, te hoor en te lees.

Nou bly ek al sedert 16 jaar in Keulen (Köln). Daardie stad is, dink ek, oorals bekend vanweë sy historiese geboue, veral die katedraal, maar ook vir sy karnaval – en sy bier. Oorspronklik kom ek van die Ruhrgebied af, die ou industriële gebied in die noorde van Duitsland. Tussendoor het ek tydens my studie ’n heerlike halwe jaar in België gebly, in die mooi stad Leuven.

Taal was en is ook my beroep: Ek het lank as ’n vryskut dosent vir Nederlands, Duits en soms ook Afrikaans gewerk. Daarnaas het ek ’n klomp boeke oor rekenaarprogramme van en na Nederlands vertaal.

Sedert 'n paar weke werk ek nou by ’n groot elektronikabedryf in die costumer service waar ek dageliks Engels, Frans en veral Nederlands hoor, lees, skryf en praat.

’n Veeltalige vriend van my het ooit gesê dat ’n mens eintlik elke drie jaar ’n nuwe taal sou moes leer, en ek doen my bes om aan daardie “verwagting” te voldoen. Op skool het ek Engels, Frans en Nederlands gehad, en daarnaas praat ek Afrikaans, Italiaans en ’n bietjie Spaans en Indonesies, naas passieve kennis van Nederduits en Jiddisj. Van die bietjie Russies wat ek by die immigrante kon oppik vir wie ek les gegee het, is helaas amper niks meer oor nie. Op die oomblik is ek op soek na ’n nuwe taal om te leer, dalk gaan dit Sjinees word, maar ek kan – soos elke tale-“junkie” – nie regtig 'n beslissing neem nie.

Sedert wanneer ek lid is van Lowlands-L? Ek dink ek moet dit so rond 1997 ontdek het; ’n tydjie was ek afwesig en sedert ongeveer 2001 is ek weer ’n entoesiaste leser, maar veels te selde ook ’n skrywer. Die lys gee vir my baie interessante insigte in die taalgeskiedenis, wat vir my die mees interessante aspek van taalkunde is, maar ek geniet ook baie van die literatuur, veral in Nederduits, wat soms verskyn. Dis ’n grote plus van Lowlands-L dat die humor-kant van taal nooit te kort kom nie.

Felix
2007


© 2011, Lowlands-L · ISSN 189-5582 · LCSN 96-4226 · All international rights reserved.
Lowlands-L Online Shops: Canada · Deutschland · France · 日本 · UK · USA