Please click here to leave an anniversary message (in any language you choose). You do not need to be a member of Lowlands-L to do so. In fact, we would be more than thrilled to receive messages from anyone. Click here to read what others have written so far.
What’s with this “Wren” thing?
The oldest extant version of the fable
we
are presenting here appeared in 1913 in the first volume of a two-volume anthology
of Low
Saxon folktales (Plattdeutsche
Volksmärchen “Low German Folktales”)
collected by Wilhelm Wisser (1843–1935). Read
more ...
y
naam is Tomoki Minohara en ek is 25 jaar oud. Ek is gebore en woon in Nagasaki,
’n distrik op die eiland Kyushu suidwestelik van Japan.
My nuuskierigheid in vreemde tale, veral Nederlands, is geprikkel deur die geskiedenis
van Nagasaki. Gedurende die tydperk van isolasie (1641–1853) was Nagasaki die
enigste stad wat met sommige Europese lande handel gedryf het. My stad was
die sentrum van Nederlandse Studies en die kennis van Nederlands is in Japan
versprei. Vir die rede het ek ’n besondere belangstelling in Nederlands.
Orandazaka
(“Holland-Helling”)
in Nagasaki
Ek is geïntereseerd in minderheidstale en ook
dialekte. Tydens my studie aan ’n universiteit in Frankryk, het ek by ’n gastegesin
saam met ’n student
uit Vlaandere gewoon. In daardie tyd het ek nie Nederlands geken nie maar
het wel algemene kennis oor die taalgebied van België, en hy het dikwels die
verskille
tussen Nederlands en Vlaams aan my verduidelik. Dit was vir my lekker om
na sy telefoongesprekke met sy familie in Vlaams (’n dialek van sy streek)
te
luister. Dit was ‘n wonderlike ervaring en ek het besluit om Nederlands te
leer.
Ek het ‘n passie vir tale. Sedert 1996 bestudeer ek hoofsaaklik Romaanse
tale. Ek praat Italiaans, Frans, Spaans, Gallies, Portugees en kan Katalaans
lees. Ek dra kennis van Korsikaans, Oksitaans, Latyns, en so meer.
’n Paar jaar gelede het ek ’n lys van Engelse woorde van Latynse en Griekse
herkoms saamgestel, die etimologie en ’n vergelyking tussen Engels en die Romaanse
tale. In 2003 het ek Nederlands en Fries geleer. Voordat ek die Laaglande Tale
webwerf ontdek het, het ek die grondbeginsels van sommige tale via die Internet
geleer – Duits, Laag-Saksies, Luxemburgs, Stellingwarfs en Afrikaans. Ek is bly om geleenthede
te hê om hierdie tale te gebruik.